AGRI KORPORATIEWE SKAKELING

 
 

Soek   

 
 

TUISBLAD | AGRI SA |  ALGEMENE SAKEKAMER | BEDRYFSKAMER  | LANDBOUBESIGHEIDSKAMER | AGRI SECURITAS | KORPORATIEWE SKAKELING | SAKEVENNOTE | ANDER SKAKELS  | DOKUMENTE

 
     
 
 

 

AGRI-TYDSKRIF

Agri, waarby ingelyf Die Boer/The Farmer, word as 'n tweemaandelikse A4-glanstydskrif regstreeks aan sowat 33 000 lede, meningsvormers en besluitnemers versprei. Die tydskrif word op 'n kosteverhalende basis bedryf.

Agri SA se funksionarisse doen in die tydskrif verslag oor 'n wye spektrum van onderwerpe insluitend die ekonomie, handel, omgewingsake, watersake, veiligheid, grondsake, arbeid, opleiding, infrastruktuur, tegnologie, boerontwikkeling en dieAgri Securitas-projekte.

Nuus van Agri SA se bedryfsaffiliasies word gereeld gepubliseer en nuusbriewe asook ander aktuele sake van verskeie provinsiale landbou-unies word geredigeer en as deel van die tydskrif se redaksionele kommentaar gepubliseer. Nuus van ander landbou-vennote word ook gereeld geakkommodeer. Elke uitgawe van die Agri het sy eie tema en daar word gepoog om artikels wat by dié spesifieke tema pas te publiseer. Die tydskrif sluit ook gewoonlik 'n profiel van 'n prominente boer en lid van Agri SA in. 

Goeie terugvoer en navrae na aanleiding van artikels en advertensies wat in die tydskrif verskyn, dien as ‘n uitstekende barometer vir die aanvraag daarna. In ‘n opname onder boere deur die onafhanklike navorsingsgroep, Research in Action, is bevind dat Agri een van die vier top landboupublikasies in die land is wat deur die boere gelees word.
 

Navrae:

Ilze Botha
Uitvoerende Redakteur
Faks:
e-pos:

 

 

 

 

 

 

     

Navrae:

Johan Strydom
Advertensie Bestuurder

 

Tel:   
Faks:
e-pos:

 

 

Inhoud

Tariefkaart

Intekenvorm

 

Inhoud

Klik hier

 

RADIO

Die radio is 'n toeganklike en onmiddellike medium om die boeremark, die wydvertakte verbruikersmark en ook nuwe boere mee te bereik. Agri SA se oogmerk is om die organisasie se boodskap, dienste en prestasies by hierdie drie teikengehore uit te bring, maar ook om positiewe boodskappe oor die rol van die landbou in Suid-Afrika te versprei.

Radio Sonder Grense (RSG) se Landbou Nuus program word van Maandag tot Donderdag tussen 12:30 en 12:45 nasionaal uitgesaai.  Agri SA is verantwoordelik vir die inhoud van die Maandag program.  Die koördinering van die program word behartig deur Agri Connect.

Tans luister 1, 736 miljoen luisteraars daagliks na RSG en nagenoeg 287 000 luisteraars na die Landbou Nuus program. 

Erkenning word aan die volgende insetverskaffers gegee vir hulle borgskappe van die  program:

Maandag Program

Smartcom Voermol Absa
  Madeleine Abrahams  
  Tel:   
     
  epos:

 

 
   
  Philip Strydom  
   
     
  epos:

 

 
   
  Werner Ras  
   
     
  epos:          

 

 
 

 
Cape Wool
Ona Viljoen
epos:     
 

     
     
     
     
     
     
 
     
   
   


 

 

Aanbieder:

Hennie Maas
 

 

 

 

Navrae:

Navrae oor die Maandag program kan gerig word aan:

Thea Liebenberg

Media Skakelbeampte
Tel:   
Faks:
e-pos:

 

 

NUUSBRIEF

Agri SA se weeklikse elektroniese nuusbrief aan landbouleiers en media bied die jongste inligting oor belangrike beleidsverwikkelinge binne Agri SA. Die nuusbrief word in Afrikaans en Engels deur affiliasies aan hul lede versprei en word so ver as Namibië gelees.
 

 

Navrae:

Thea Liebenberg
Media Skakelbeampte
Tel:   
Faks:
e-pos:

 

 

 

 "Klik" hier vir nuusbrief No 19

 "Klik" hier vir nuusbrief No 18

 

MEDIAVERKLARINGS

 

Agri SA reik op ‘n deurlopende basis mediaverklarings uit oor ‘n verskeidenheid van sake wat vir die landbou van belang is. Hierdie verklarings word gewoonlik wyd in die media aangehaal.

 

Navrae:

Thea Liebenberg
Media Skakelbeampte
Tel:   
Faks:
e-pos:

 

 

"Klik" hier vir die mediaverklaring -  9 Junie 2006

Klik" hier vir die mediaverklaring - 17 Aug 2006

 

 

     

        

 

 

 

Tuiste van die Suid-Afrikaanse Boer

 

Soek