|
Agri SA is in 1904 gestig as die Suid-Afrikaanse Landbou-unie en bedien tans sowat 70 000 groot- en kleinskaalse kommersiële boerelede.
AGRI SA SE MISSIE
Agri Suid-Afrika (Agri SA) is ‘n federale organisasie wat namens sy lede die volhoubare winsgewindheid en stabiliteit van kommersiële landbouprodusente en -besighede bevorder deur sy betrokkenheid en insette op nasionale en internasionale vlak.
DIE ORGANISASIE
Organisatoriese struktuur
AGRI SA SE DAGBESTUUR
|
|
|
|
|
|
|
President
Lourie Bosman
|
|
|
|
|
|
|
Adjunkpresident
|
Visepresident
|
Visepresident
|
Visepresident
|
|
Voorsitter Algemene Sakekamer
|
Voorsitter Bedryfskamer
|
Voorsitter Landbou- besigheidskamer |
Johannes Möller |
Christof Cloete
|
Neels Ferreira |
Chris du Toit |
|
|
|
|
|
|
|
|
AGRI SA SE DIREKTORAAT
|
|
|
|
|
|
|
Uitvoerende Direkteur
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hans van der Merwe
|
|
|
|
|
|
|
|
Direkteur |
Direkteur |
Direkteur |
Direkteur |
Ekonomie & Handel |
Natuurlike Hulpbronne |
Korporatiewe Skakeling |
Finansies & Administrasie |
|
|
|
|
Johan Pienaar |
Nic Opperman |
Kobus Visser |
Willie Jacobs |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Portefeulje Bestuurder |
Portefeulje Bestuurder |
|
|
Parlementêre Skakeling & Grondsake |
Arbeid & Opleiding |
|
|
|
|
|
|
Annelize Crosby |
Kobus Kleynhans |
|
|
|
|
|
|
AGRI SA SE KONTAKBESONDERHEDE
Posbus 1508 Pretoria, 0001 |
Telefoon : +27 (0) 12 322 6980 |
Faks : +27 (0) 12 320 0557 |
e-pos : |
|
FOKUS-AREAS
Handel en Nywerheid
|
Voorsitter: Neels Ferreira
|
|
Ten einde die welvaart van die landbou ook binne die handelsomgewing en spesifiek as deel van die aanbodketting van voedsel- en veselprodukte te bevorder, val die fokus word op die volgende aangeleenthede:
- Deelname aan die ontwikkeling van 'n Mededingingswet en monitering van mededingingspraktyke.
- Die lewering van insette met betrekking tot 'n handelsbeleid vir landbou aan bv die Nasionale Departement van Landbou (NDL), met die oog op 'n gelyke speelveld vir die plaaslike sektor.
- Deelname aan die ontwikkeling van die Wet op Handelsadministrasie ten einde 'n aanvaarbare prosedure - onder andere vir aansoeke vir invoertariewe op invoerbare landbouprodukte - daar te stel.
- Deelname aan die ontwikkeling van die Proudly South African-veldtog.
- Evaluering van alle handelsooreenkomste, bv. tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (SA/EU) asook binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), om hul invloed op die landbou te bepaal.
- Verteenwoordiging in die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings-en-Arbeidsraad (NEOAR), en die Internasionale Federasie van Landbou-organisasies (SACAU) ten einde die belange van plaaslike boere te bevorder.
-
Die lewering van insette rakende die ontwikkeling van 'n nywerheidsontwikkelingstrategie wat landelike behoeftes in ag neem.
Ekonomiese Sake
|
Voorsitter: Louw Steytler
|
|
Ten einde die inkomstestaat van die landbou en individuele boere ten opsigte van die kostestruktuur van insette, finansiering en belastingaangeleenthede so gunstig moontlik te beïnvloed, is die volgende voorbeelde van aangeleenthede wat periodiek onder die soeklig kom:
-
Die brandstofkonsessie waarvoor boere tans kwalifiseer.
-
Die lewering van insette met die ontwikkeling van 'n risiko- en rampbestuursbeleid.
-
Die kwantifisering van skade voortspruitend uit natuurrampe en die bedinging vir owerheidsbystand.
-
Kapitaalwinsbelasting en spesifiek die billike hantering van plaashuise in die verband.
-
Die finansiële uitwerking van die sektorale vasstelling en spesifiek minimumlone, op die landbou.
-
Die belastingbedeling vir die landbou, soos die afskryfbaarheid van boerderyverliese teen eksterne inkomstes en veranderde jaareindes.
-
Die uitwerking van eiendomsbelasting op die landbou.
-
Die posisie van die Land Bank met betrekking tot die finansiering van landbou, bv. rentekoerse en bankstate ten opsigte van uitstaande lenings.
-
Die prysbewegings van landbou-insette en tersaaklike wetgewing, ook spesifiek met betrekking tot die prysbewegings van elektrisiteit.
-
Ondersteuning van statistiese opnames en die interpretering daarvan.
Wet en Orde
|
Voorsitter: Kiewiet Ferreira
|
|
'n Misdaadvrye omgewing is 'n logiese voorvereiste vir produksie, investering en landelike ontwikkeling. In hierdie verband is die volgende van belang:
-
'n Protokol vir plaastoegang wat deur regeringstrukture en veiligheidsmagte aanvaar is en reeds in werking gestel is.
-
'n Inligtingstuk oor die hantering van plaasbesettings is opgestel en met die veiligheidsmagte se ondersteuning versprei.
-
Die posisie van die kommandostruktuur en toekomstige bedeling word op owerheidsvlak uitgeklaar om te voorkom dat 'n vakuum ontstaan ten opsigte van landelike veiligheid.
-
Die herstrukturering van polisiestasies in die landelike gebiede.
-
'n Onafhanklike ondersoekkomitee is op versoek van Agri SA saamgestel om moontlike motiewe vir plaasaanvalle te ondersoek.
-
Voorvalle van intimidasie tydens dreigende grondbesettings word gemonitor en in samewerking met die veilgheidsmagte hanteer.
-
Die lewering van insette rakende 'n hersiene beleid vir polisiereserviste.
-
Die algemene misdaadsituasie in die land en veral in landelike gebiede word gemonitor.
-
Wetgewing oor die aanstelling van paroolrade.
-
Die evaluering van en aanbevelings oor beveiligingstelsels..
-
Gereelde skakeling met die Nasionale Veediefstalkomitee.
-
Interaksie met die Agri Securitas Trust ten opsigte van veiligheidsprojekte in landelike gebiede.
Watersake
|
Voorsitter: Johannes Möller
|
|
Water is geïdentifiseer as 'n aangeleentheid wat toegewysde en deurlopende aandag regverdig. Met die volgende tipiese aksies is gunstige resultate verkry, of voortgesette betrokkenheid beding:
-
Die Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF) se goedkeuring is verkry vir die infasering van onderhouds- en bedryfskoste by staatswaterskemas oor 'n periode van vyf jaar.
-
Die inwerkingstelling van moratoriums op watertariefverhogings is by DWAF beding vir die omskakeling van staatswaterkanaalskemas na watergebruikersverenigings.
-
Die depresiasiekoste wat by staatswaterskemas gevorder word, is na 'n ooreenkoms met DWAF beperk tot 1c per kubieke meter jaarliks vir 'n periode van drie jaar.
-
Die heffing vir die Werk-vir-Water Program is in oorleg met die Minister van Waterwese en Bosbou beperk tot 10% van die werklike koste.
-
Afvalbestuur, lisensiëring van watergebruiksregte en 'n Nasionale Waterhulpbronstrategie vorm deel van die voortgesette implementering van die Waterwet.
Nasionale Infrastruktuur en Plaaslike Regering
|
Infrastruktuur Voorsitter: Thinus Ferreira
Plaaslike Regering Voorsitter: Borrie Erasmus
|
|
Die belang van 'n toereikende fisiese infrastruktuur vir ekonomiese en landelike ontwikkeling, en mededingende landbouproduksie is vanselfsprekend. Deurlopende skakeling met spesifiek ook plaaslike owerhede oor die volgende beleids- en operasionele aangeleenthede is voorbeelde van sake waarmee gehandel word:
-
'n Ontoereikende landelike padinfrastruktuur en die agteruitgang daarvan.
-
Die ondervoorsiening van spoorinfrastruktuur in spitstye en die gebrekkige onderhoud daarvan wat koste-nadelig inwerk op die landbou.
-
Die standaardisering van trekker- en sleepwa-lisensietariewe en die administratiewe stelsel daaraan verbonde.
-
'n Uitsluitingsklousule vir die vervoer van klein hoeveelhede gevaarlike stowwe deur die landbou binne die konteks van die Padverkeerswet.
-
Probleme met die hantering van vrag by hawens en die kosteverhogende effek daarvan op uitvoere.
-
Die daarstelling van effektiewe kommunikasie-infrastruktuur.
-
Die finansiële uitwerking van tolhekgelde op die vervoerkoste van landbouprodukte en -insette en die verkryging van 'n nasionale tolgeldkonsessie.
-
Die veiligheid van padgebruikers op nasionale roetes.
-
Die bevordering van landbou se posisie met betrekking tot deelname aan plaaslike regeringstrukture.
-
Die standaardisering van voertuigspesifikasies.
-
Die bedinging van 'n gestandardiseerde posbushuurtarief vir bona fide-boere.
Arbeid & Opleiding
Arbeid is die grootste koste-item in die landbousektor en vra vir deurlopende gefokusde aandag. Deur die jare het Agri SA ‘n wye skakelnetwerk oor die hele spektrum van arbeidsbeleid, -reg en –praktyk opgebou en in stand gehou. Dit sluit in:
-
Deurlopende interaksie met die Departement van Arbeid op senior bestuursvlak;
-
Lid van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (NEDLAC) arbeidsmarkkamer sedert die instelling van die liggaam;
-
Lid van BUSA se maatskaplike komitee;
-
Betrokke by talle werkgroepe van BUSA en Nedlac waar veral arbeidsbeleid uitgedors word;
-
Beskikbaarsteling van standaard diensooreenkomste met ondersteunende dokumentasie volgens wetlike voorskrifte aan lede;
-
Beskikbaarsteling van standaard diensooreenkomste met ondersteunende dokumentasie volgens wetlike voorskrifte aan lede;
-
Bly op hoogte van gebeure op die internasionale arbeidsterrein (Internasionale Arbeidsorganisasie);
-
Gee besondere aandag aan arbeidsaangeleenthede wat ter sake is in internasionale handelsreëlings (arbeidstandaarde, beroepsveiligheid op plase, kinderarbeid);
-
Opleiding en advies in arbeidsreg en –praktyk;
-
Opleidingstrategie vir plaaswerkers;
-
Beleid en strategie vir plaaswerkerhuise; en
-
Mediaskakeling en navrae.
Grondsake
|
Voorsitter: Theo de Jager
|
|
Die belangrikheid van grond as produksiefaktor in die landbou en die posisie wat dit binne politieke denke inneem, noodsaak:
-
Deurlopende skakeling met die Departement van Grondsake oor die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike raamwerk vir die implementering van grondhervorming en die soeke na oplossings vir verbandhoudende probleme.
-
Kommentaar en insette oor die ontwikkeling van verbandhoudende wetgewing (bv. Restitusiewet, Verblyfregwet en Huurarbeidwet).
-
Ondersoek na die implikasies van die Verblyfregwet vir die indiensneming van werknemers in die landbou soos wat in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch gedoen is.
-
Vertoë tot die regering wat ook gelei het tot die spoedige en suksesvolle verwydering van onwettige plakkers by Bredell (Gauteng).
-
Ondersteunende optrede as bv. 'n vriend van die hof (amicus curiae) in bepaalde regsaksies (bv. die Modderklipsaak oor die staat se verantwoordelikheid met die onwettige besetting van kommersiële landbougrond).
Omgewingsake
Die aksies wat verband hou met omgewingsake is daarop gerig om uitvoering te gee aan die beginsels van volhoubare ontwikkeling soos internasionaal vasgestel en deur Suid-Afrikaanse wetgewing voorgeskryf. Dit sluit in:
-
Inspraak in en deelname aan die werksaamhede van die Verenigde Nasies se Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling.
-
Deelname aan die hersiening van wetgewing en regulasies wat omgewingsverwante kwessies reël (bv. veldbrande en die beheer van plae).
-
Inspraak rakende die funksies van LandCare-komitees van Nasionale Departement van Landbou (NDL).
- Kommentaar op mynbouwetgewing en toepassingsprobleme.
-
Deelname aan die Werk-vir-Water Program met die doel om ongewenste uitheemse bome deur werkskeppingsprogramme te verwyder en stroomvloei in riviere te verbeter.
-
Deelname aan die formulering van 'n Handves vir Boere (Farmers' Charter) soos beoog deur die NDL en in beginsel aanvaar by die Wêreldspitsberaad vir Volhoubare Ontwikkeling.
Inligting, tegnologie-ontwikkeling & -oordrag
|
Voorsitter: Izak van der Merwe
|
|
Die mededingendheid van die landbou is grootliks afhanklik van die ontwikkeling en toepassing van die jongste tegnologie. Derhalwe gee Agri SA aandag aan:
-
Die bevordering van samewerking tussen finansiers, diensverskaffers en gebruikers van tegnologie binne die struktuur van die Nasionale Landbounavorsingsforum (NLNF).
-
Die identifisering van navorsingsknelpunte deur bv opnames daaroor by bedryfsinstansies te doen.
-
Die beredenering van en soeke na oplossings vir finansieringsknelpunte, intellektuele eiendomsreg, navorsingskapasiteit verlies en verwante aangeleenthede in verskillende forums te beredeneer.
- Die fasilitering van skakeling tussen die Landbounavorsingsraad (LNR) en bedryfsgroeperinge.
Boerontwikkeling
|
Voorsitter: Walter Ntuli
|
|
Gegewe die missie van Agri SA, is die bevordering van 'n mededingende omgewing vir dié sektor as geheel noodsaaklik. Daar is egter besef dat gefokusde aandag op Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) ook op nasionale vlak nodig is. Aksies wat in dié verband onderneem word, sluit in:
-
Die vestiging van 'n ontwikkelingslessenaar om grondverwante SEB saam te vat in 'n gekoördineerde nasionale databasis.
- Die identifisering van nuwe geleenthede vir SEB in die landbou.
-
Leiding rakende die oordrag van grond binne die konteks van ordelike wetstoepassing en funksionerende markte.
-
Die ontwikkeling van gepaste ondersteuningsmaatreëls in samewerking met die owerheid en die privaatsektor.
-
Die bevordering van die konsepte van mentorskap en gesamentlike projekte in die landbou-sektor.
Korporatiewe skakeling
|
Voorsitter: Johan Greyling
|
|
Agri SA hou 'n netwerk van verhoudinge in stand, bevorder begrip en insig by belangstellendes en vestig vennootskappe wanneer dit as bevordelik vir die toekoms van sy lede geag word. Die afdeling Korporatiewe Skakeldienste help om dié verhoudinge in stand te hou, uit te bou en te bevorder. Die volgende aksies is daarop gerig om interne en eksterne verhoudinge te bevorder:
-
'n A4-glanstydskrif AGRI word tweemaandeliks regstreeks aan ongeveer 31 500 lede gepos.
-
'n Weeklikse elektroniese nuusbrief word per e-pos en faks aan lede versprei.
- 'n Radioprogram, Landbou-oorsig, word in-huis geproduseer en deur Radiosondergrense (RSG) op Maandae, Woensdae, en Vrydae vanaf 12:30 - 12:45 uitgesaai.
-
Die verskaffing van insette vir 'n landboutelevisieprogram, asook ander TV- en radioprogramme.
-
Verskeie mediaskakel-aksies in samewerking met borge, bv. mediadae, besoeke aan landbouleiers, plaasbesoeke, mediakonferensies en besoeke aan medialeiers.
-
Die koördinering van beeldbou-aksies, uitstallings en funksies.
-
Uitreiking van mediaverklarings en ander inligtingstukke.
-
Monitering van parlementêre prosesse en fasilitering van parlementêre skakeling.
-
Werwing van borgskappe.
-
Interne en eksterne skakeling en kommunikasie.
|
|