SAKEVENNOTE

   
 

Soek   

 
 

TUISBLAD | AGRI SA |  ALGEMENE SAKEKAMER | BEDRYFSKAMER  | LANDBOUBESIGHEIDSKAMER | AGRI SECURITAS | KORPORATIEWE SKAKELING | SAKEVENNOTE | ANDER SKAKELS  | DOKUMENTE

 
     
 
Agri SA gee erkenning aan sakevennote wat op verskeie vlakke van dié organisasie 'n bydra lewer.
 
 
 

Werner Ras


Absa AgriBesigheid, u Landbouvennoot! Die landbousektor vorm een van die hoekstene van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hoewel direkte ekonomiese bydrae vier persent beloop, lê sy belangrike rol voor die hand wanneer daar in ag geneem word dat ongeveer 25 persent van die ekonomie deur die sektor se voorwaartse en terugwaartse skakeling met ander sektore in die ekonomie beïnvloed word.

Landbou speel nie net 'n belangrike rol ten opsigte van ekonomiese bydrae nie, maar dit verskaf ook meer as 1,2 miljoen formele en informele werksgeleenthede. Deur middel van sy uitvoerbedrywe is die sektor 'n belangrike bron van internasionale handel en 'n genereerder van buitelandse kapitaal. Ten opsigte van internasionale handel is Suid-Afrika onder die top sewe netto uitvoerlande van landbouprodukte. Dit is belangrike prestasies, veral wanneer landbou se seisoenaliteit, algemeen droë produksie-omgewing sowel as sy blootstelling aan nadelige klimaatstoestande in ag geneem word.

Absa is verbind tot die sektor en is reeds sedert die draai van die vorige eeu 'n strategiese en finansiële vennoot vir die landbousektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sy verbintenis word gedryf deur 'n holistiese benadering wat langtermynvolhoubaarheid en optimale winsgewendheid sal verseker.

Ons Besigheidsbankbestuurders met ondersteuning van ons AgriSpesialiste, voorsien reeds baie jare in die behoeftes van ons landboukliënte. Ons AgriSpesialiste spesialiseer in finansiële beplanning en bied 'n omvattende reeks produkte en dienste wat in die boer se unieke boerderyvereistes voorsien. 

Werner Ras; tel: 011 350-6854; www.absa.co.za.

 
 

Dirk van Rooy


Barloworld Fleet Marketing is baie trots op sy vennootskap en assosiasie met Agri SA. Hierdie verhouding het geweldig gegroei oor die laaste drie jaar en ons is toegewyd daaraan om seker te maak dat hierdie verhouding sal strek tot ver in die toekoms.

Barloworld Fleet Marketing is daartoe in staat om Agri SA-lede nasionaal met 'n geïntegreerde vervoeroplossing te voorsien. Ons streef daarna om altyd uitstekende kwaliteit diens te lewer.

Deur middel van wen-wen vennootskappe, volhoubare ontwikkeling en gesamentlike ondersteuning van die gemeenskap bly die verhouding suksesvol vir beide partye. Ons besef ook dat daar verskeie probleme en uitdagings geassosieer word met die georganiseerde landbou en ons weet dat ons finansiële bydrae slegs 'n geringe bydrae is. Ons glo dat ons deur hierdie bydrae ons toegewydheid aan hierdie belangrike deel van ons ekonomie toon.

Barloworld Fleet Marketing is hier om u met 'n totale oplossing vir al u motorbehoeftes te bied.

Dirk van Rooy


 

 
 

Esmé Theron

T & E FinOps is sedert 1998 in vennootskap met Agri SA en sy affiliale. Ons is bekend vir die Agri Securitas Traumaversekeringsproduk en het sedertdien uitgebrei tot 'n volledige eenstop-finansiële diens. U skakel slegs EEN nommer vir die volgende:

  • Agri Securitas Traumaversekering-dekking vir die hele gesin;

  • Huisinhoud/motorversekering teen ongelooflike tariewe;

  • Kommersiële versekering teen kompeterende tariewe;

  • Mediese Fondse - ons hanteer u probleme gratis;

  • Finansiering op roerende bates teen lae rentekoerse en gestruktureerd vir die boer;

  • Langtermynversekering, dek risiko’s ten opsigte van dood, ongeskiktheid en gevreesde siektes;

  • Beleggings teen beste bestuurskoste in die mark;

  • Verkryging van motors teen maksimum vlootafslag op nuwe motors;

  • Produkontwikkeling vir u behoeftes; en

  • Werknemersvoordeelpakkette.

    Esmé Theron: tel: 012 440-6660; faks 012 341-0448; e-pos [email protected]

 

 
 

Marius Vermaak

Die afgelope jaar het baie plaasboere by CrisisOnCall aangesluit. Gedurende die tydperk is daar nie net by verskeie geleenthede telefoniese mediese advies aan mense op die platteland gegee wat hulself midde in 'n onbekende mediese situasie bevind het nie, maar is daar ook selfs beseerdes per lug na die stad vervoer waar die nodige mediese hulp vinnig beskikbaar was.

Die reismoniteringsdiens het ook baie plaasboere en hul gesinne gemoedsrus besorg waar hulle huiswaarts gekeer het en hul reis tot by die huis gemonitor is. CrisisOnCall het selfs 'n plaasboer gered van 'n moontlike roof toe sy vrou ingeskakel het en die roepsentrum die nodige vinnige aksies kon neem.

CrisisOnCall is ook trots om maandeliks 'n bydrae uit lidmaatskap aan die Agri Securitas Trustfonds te maak en sodoende by te dra tot landelike beveiliging.

Marius Vermaak; tel: 083 302 7576

 

 
 

Madelaine Abrams

Smartcom en Agri SA het 'n ooreenkoms gesluit waarby alle Suid-Afrikaanse boere asook inset verskaffers kwalifiseer vir 10% afslag op maandelikse subskripsie en lugtyd op spesifieke pakkette. Smartcom lewer 'n bydrae van 4% van die maandelikse omset aan die Agri Securitas Fonds. Hierdie fonds verskaf finansiële ondersteuning om sekuriteit op Suid-Afrikaanse plase te bevorder.

Verskillende dienste word aangebied, soos die 3G/GPRS-datakaart wat vir Internet gebruik kan word, en die Blackberry vir e-pos doeleindes. Vir meer inligting skakel ons Agri-span by 011 507-4600.

Smartcom verstaan u besigheid en u kommunikasie behoeftes.

Madelaine Abrams; tel: 011 507 4600

 

 
 

Francois Jacobs

Nissan Suid-Afrika is trots om met landbou in Suid-Afrika geassosieer te word. Nissan is sedert die jaar 2000 aktief betrokke by Agri SA en veral deur sy verbintenis met die Agri Securitas Trustfonds. Nissan het dan ook reeds meer as R3 000 000 die afgelope vyf jaar spandeer op projekte vir landelike beveiliging. Hierdie projekte is in samewerking met Agri SA en die Agri Securitas Trustfonds gedoen. Nissan SA het ook onlangs aangekondig dat die kontrak met Agri SA wat in Oktober ten einde loop, weer verleng sal word vir 'n verdere periode.  Bogenoemde bevestig weer eens Nissan SA se betrokkenheid by landbou in Suid-Afrika.

Francois Jacobs; tel 011 695 4200; www.nissan.co.za

 

 
 

Gideon Meiring

Total SA het sy lojaliteit aan die landbou in die algemeen en aan die boere in besonder oor baie jare sigbaar probeer demonstreer. Total SA glo dat dit as sodanig 'n goeie langtermynbelegging was, veral gegewe boere se vermoë om ten spyte van 'n legio van beleids- en ander veranderinge in die afgelope dekade, steeds met onderskeiding die posisie van die landbou in die ekonomie te kon handhaaf. Die persoonlike kontak tussen Total SA en die landbousektor binne hierdie vennootskapsverhouding word eweneens nie geringgeskat nie.

Bewus van die feit dat die landbou periodiek deur rampe gekonfronteer word, het Total SA ook in die jongste verlede gepoog om 'n positiewe bydrae in die verband te maak. Met die oog daarop om sinvolle stelsels, prosedures en ondersteuningsmaatreëls in die verband in samewerking met die owerheid te ontwikkel, het Total SA verdere fondse bewillig wat deur die rolspelers vir die doel aangewend sal word.

Gideon Meiring
 

 

 

 

 

Tuiste van die Suid-Afrikaanse Boer

Soek