Welkom by Agri Wes Kaap.

 

VISIE

Landbou produseer voorspoed.

MISSIE

Agri Wes Kaap is daarop ingestel om 'n verskil te maak deur:
'n Gemeenskaplike forum en kollektiewe magsbasis vir optrede in belang van die landbougemeenskap te bied;
Met behulp van doelmatige inligtingsbestuur inligting te versamel, verwerk, ontleed en versprei;
Innoverende strategieë te implementeer; en
Deur middel van effektiewe bemarking en kommunikasie 'n dinamiese beeld van landbou in die Wes-Kaap te vestig, met die doel om:
Die ekonomiese voortbestaan van landbou in die Wes-Kaap te verseker
Waarde tot die landbousektor in die Wes-Kaap toe te voeg deur tot voordeel van affiliasies 'n gemeenskaplike forum en kollektiewe magsbasis vir die landbou-gemeenskap te bied
Inligting te versamel, verwerk, ontleed en versprei; en
'n Dinamiese beeld van landbou in die Wes-Kaap te vestig.