Welkom by Agri Vrystaat.
VISIE
Verteenwoordiging van elke landbouer in die Vrystaat, streef ons daarna om landbou die belangrikste ekonomiese faktor in die provinsie te maak.
Hoewel die landbouer grootliks op homself aangewese is vir die bemarking van sy produk, hoef hy dit nie alleen aan te pak nie. As lid van georganiseerde landbou is daar n gevestigde struktuur waar komitees vir algemene en bedryfsake, asook landboumaatskappye die landbouer bystaan en na sy belange omsien. Daar word ook vir n beter bedeling en n omgewing waarbinne die landbou mededingend moet wees, beding. Die grootste bate van Vrystaat Landbou is sy lede, boereverenigings, distriksboere-unies en komitees vir algemene sake, bedryfsake en landboubesighede.
Die landbouer, met die nodige langtermynvisie, is lid van Vrystaat Landbou, skakel aktief in by die boerevereniging en distriksboere-unie en is lid van sy bedryfsorganisasie, koöperasie of landboumaatskappy.