.

Welkom by Agri Mpumalanga





Visie en Missie


Die visie van Agri Mpumalanga is die daarstelling van 'n volhoubare en winsgewende landbousektor in die Mpumalanga provinsie en in die breër landsbelang ook as voorsiening van voedsel en vesel ten ondersteuning van 'n sterk ekonomie waar alle burgers in die voorspoed kan deel.
Om dit te kan bereik is die Missie van Agri Mpumalanga dus die positiewe beïnvloeding van die landbou-omgewing wat kortliks die volgende doelstelling nastreef :
Die deurlopende positiewe beïnvloeding van die landboubeleids- en wetgewende prosesse veral van toepassing in die Mpumalanga provinsie.

Die bevordering van 'n waarderende en ondersteunende regeringshouding teenoor kommersiële landbou.

Die verbreding van die besigheidsgrondslag van landbou in die provinsie.

Die bevordering van veiligheid en sekuriteit in die landelike omgewing in samewerking met die SAPD en SANW.

Die verbetering van die bestuursvermod van die boer deur toegang te gee tot 'n inligtingsnetwerk oor arbeidsbestuur, markinligting, wetgewing, ens. en bystand te verleen met bestuursaangeleenthede soos hantering van vakbonde, dissplinêre stelsels, diensooreenkomste, ens.

 

Agri Mpumalanga Kantoor


Posbus 619                                                  Kontakpersoon :            
Nooitgedacht                                                Elmarie le Roux
Navorsingstasie                                            Tel : 017- 819 1295
Ermelo                                                         Faks : 017- 819 1297
2350                                                            E-pos :