SPESIALITEITSDIENSTE
Die primêre taak van Agri Noordwes behels die skep van 'n stabiele- en optimale produksie- en bemarkingsomgewing en die bemagtiging van die produsent op alle terreine sodat hy optimaal kan produseer en bemark.
STABIELE EN OPTIMALE PRODUKSIE- EN BEMARKINGSOMGEWING
Agri NW se Spesialiteitskomitees funksioneer in ooreenstemming met Agri SA se Funksionele komitees. Funksionele terreine en fokuspunte word dus gekoördineer en sal in die meeste gevalle gemeenskaplikhede bevat.
Individuele aksies hieronder moenie as losstaande entiteite gesien word nie, maar ook tot watter mate hulle op mekaar impakteer, byvoorbeeld die Arbeidswet op die Wet op die sekerheid van Verblyfreg, ensovoorts.
1. GRONDSAKE (Voorsitter: Mnr Koos Laas - 018*571 1389 / 082 388 2206)
Die totale beginsel van eiendomsreg en eienaarskap asook hoe die onderskeie wette hierop impakteer, word aangespreek. Pro-aktiewe optrede, veral ten opsigte van billike wetgewing is belangrik.
FOKUSPUNTE
a) Ordelike grondhervorming;
b) Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA-Wet);
c) Wet op die Herstel van Grondregte (Restitusie). Moniteer en bestuur restitusie-eise;
d) Wet op Migrasie-arbeid (AInternational Migration Labour@);
e) Huurarbeiderwet (ALabour Tenants Act@);
f) Wet op Beskikbaarstelling van sekere grond vir Vestiging (AProvision of certain land for Settlement Act@);
g) Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en die Onregmatige besetting van grond (Voormalige plakkerswet);
h) Herverdeling van grond; Deurlopende onderhandeling en bedinging rakende Wette (b) tot (h) wat betref:
· Eiendomsreg;
· Formule vir grondwaardasies;
· Staatsgrond; en
· Vergoedende gronde en alternatiewe vergoeding tydens verskuiwing.
i) Grondbelasting en die invloed daarvan op die oorlewing van produsente;
j) Ondersoek die konsep van Landboudorpe ("Agri Villages");
k) Die regte van nuwe toetreders tot landbou; en
l) Deurlopende steunwerwing met Provinsiale regering, Department van Grondsake, "National Land Committee"(NLC) en ander rolspelers.
2. ARBEID (Voorsitter: Chris Faure - 053*441 2559 / 072 250 0472)
Die Oorhoofse doelwit is om produktiwiteit, arbeids- en kostedoeltreffendheid, te bevorder. Die bestudering van en onderhandeling met die regering om billike wetgewing daar te stel.
FOKUSPUNTE
a) Wet op Basiese Diensvoorwaardes;
b) Werkloosheidsversekering;
c) Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Kyk ook Punt 1);
d) Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en die Onregmatige besetting van grond (Voormalige Plakkerswet);
e) Wet op Migrasie-arbeid;
f) Wet op Gelyke Indiensneming;
g) Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en siektes;
h) Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid;
i) Wet op Arbeidsverhoudinge;
j) Werkloosheidsversekeringswet;
k) Vaardigheidsontwikkelingswet;
l) Kinderarbeid; en
m) Sektorale Vasstelling.
n) Ondersoek eksterne- en interne invloede wat op die arbeidsmark impakteer;
o) Deurlopende sentrale onderhandelings insake uitstaande wette en wette wat reeds geld;
p) Oordrag aan- en ondersteuning aan boere insake wetlike aspekte van arbeidswette;
q) Indiensnemingstandaarde. Toepassing in die veld is belangrik, daarom moet samewerking met byvoorbeeld werkgewers- en ander organisasies deurlopend ondersoek word;
r) Werkskepping per sé en die negatiewe invloed van vakbonde;
s) Rol van meganisasie en tegnologie-ontwikkeling op indiensneming en werkloosheid;
t) Interaksie met vakbonde oor veral protokolreëlings;
u) Die koördinering van dienste en samewerkingsooreenkomste, byvoorbeeld met die LWO, KOVESA, ens;
v) Steunwerwing en beïnvloeding van beleidmakers. Dit behels onder andere die bywoning en deelname aan werkswinkels, simposia, konferensies, ensovoorts;
w) Samewerking met die Departement van Arbeid;
x) Onwettige immigrante;
y) Monitering van byvoorbeeld ondersoeke na sogenaamde "massa afsettings" van plaaswerkers en ondersoeke deur die Menseregtekommissie; en
z) Opleiding in Arbeidsbestuur, byvoorbeeld die NORAD-kursus.
3. VEILIGHEID (Voorsitter: Boeta du Toit - 018*642 3350 / 082 380 3142)
FOKUSPUNTE
a) Hanteer 'n databasis van misdaadstatistiek om tendense te ontleed. Bekende inligting moet ondersoek en nagevors word;
b) Tekort aan fondse vir veiligheidsmagte en die rol wat die Agri Securitas Trustfonds kan speel;
c) Strafreg- en Korrektiewe stelsels (borge, strawwe) aanspreek;
d) Stuit die afskaling van die kommandostelsel en die polisiediens;
e) Nood mediese sorg vir slagoffers. Agri Securitas Traumafonds en Mediese skema;
f) Steunwerwing en beïnvloeding van beleidmakers - wette en fondse;
g) Totale gees van wetteloosheid, byvoorbeeld 'n onmagtige polisiediens; ontsnappings; strawwe (borg, parool, ensovoorts) en paraatheid;
h) Monster internasionale druk; en
i) Bemagtiging van plattelandse gemeenskappe deur bilaterale ooreenkomste, byvoorbeeld die Delareyville projek, die stelsel soos by Vrystaat Koöperasie geïnstaleer, Delta Trac, ensovoorts. Bemagtigingsaksies behels ook die koördinering van bestaande stelsels van die SAPD, SANW, Kommando, Nood- en Ramp, plaaswagte asook Besigheidsaksies, byvoorbeeld Sakekamers, "Business Against Crime", ensovoorts.
4. EKONOMIESE SAKE (Voorsitter: Deon Bothma - 053*988 0769 / 082 388 2800)
Agri NW het gedurende 2001 die Landbou Ekonomiese Forum (LEF) tot stand gebring, wat na 'n werkswinkel met rolspelers besluit het om indringend aan die volgende sake aandag te gee.
a) Sosio-ekonomiese sake soos ramphulp (Droogtes, vloede, brande, ens.);
b) Steunwerwing by en beïnvloeding van beleidmakers;
c) 'n Terugbetaling op dieselbrandstof vir plaasgebruik;
d) Finansiering van insetverskaffing;
e) Monitering van produkpryse;
f) Loonstrukture in samewerking met die Mannekragkomitee;
g) Waardetoevoeging tot lidmaatskap;
h) Bywoning van forums, konferensies en werkswinkels; en
i) Steunwerwing deur byvoorbeeld deelname aan die Noordwes Besigheidsforum.
4.1 HANDELS- EN NYWERHEIDSBELEID - AGRI SA (Status: Uitkontrakteer/Alliansie)
Benewens provinsiale aangeleenthede het ekonomiese sake ook 'n baie sterk nasionale- en internasionale dimensie.
FOKUSPUNTE
a) Internasionale handelsooreenkomste byvoorbeeld ALOMÉ@, EU, ASADC@, Wêreldhandelsorganisasie (WHO / AAOTH@), ACAIRNS@, MERCOSUR (Suider Amerikaans), ensovoorts;
b) Mededingingsbeleid van spesifiek landboumaatskappye en agri-besighede;
c) Handels-, tarief- en grensbeleid; en
d) Grensbeheer ten opsigte van veeartseny-, fitosanitêre- en ander maatreëls.
4.2 LANDBOUBEMARKING: AGRI SA (Status: Uitkontrakteer/Alliansie)
FOKUSPUNTE
a) Statutêre maatreëls met die klem op heffings op ingevoerde goedere;
b) Nuwe markinstrumente byvoorbeeld prysvorming;
c) Die nuwe Koöperasiewet;
d) Eienaarskap van silo's;
e) Samewerkingstrukture;
f) Marktoegang vir ontwikkelende sektor;
g) Inligtingsbemagtiging van boere;
h) Waardetoevoeging;
i) Interaksie met Buurstate/Suider-Afrikaanse streeksbemagtiging;
j) Voorraadfinansiering; en Deurlopende steunwerwing en beïnvloeding van beleidmakers.
5. WATERSAKE (Voorsitter: Andries Beyers - 018*632 7031 / 082 920 5026)
FOKUSPUNTE
a) Deurlopende insette by beleidformulering wat die provinsie raak, byvoorbeeld insette by die ondergrondse Waterbeheergebiede;
b) Besoedeling;
c) Stigting van Opvangsgebiedbestuur Agentskappe ("Catchment Management Agencies - CMA's");
d) Stigting van Waterverbruikersverenigings;
e) Bywoning en insette by forums, konferensies en werkswinkels; en
f) Steunwerwing en onderhandelings met die regering, Departement van Waterwese, Werk vir Water en ander rolspelers.
6. OMGEWINGSAKE (Voorsitter: Cor van Vuuren - 018*596 2162 / 082 573 0845)
LW: Ramphulp en Rampbestuur word hierby geïnkorporeer.
FOKUSPUNTE
a) Onderhandeling van en deelname aan programme van die Staat byvoorbeeld kweekbeheer (NK 37), Satansbos en ander indringerplante;
b) Vennootskappe met ander rolspelers;
c) Beleidsimplementering en die rol van Grondbewaringskomitees;
d) Implementering van "Landcare" program;
e) Deurlopende bywoning en steunwerwing tydens forums, konferensies en werkswinkels;
f) Die bestuur van programme om migrerende plae te beheer; en
g) Die rehabilitering van delwerye.
7. DERDEVLAK REGERING (Voorsitter: Fanie Bam - 053*948 0817 / 083 411 7804)
Na die 2000 Munisipale verkiesing het Munisipale Rade ook 'n diensverskaffer aan landbou geword, met verreikende implikasies, byvoorbeeld die implementering van grondbelasting.
FOKUSPUNTE
a) Vestig 'n werksverhouding met Munisipale Rade;
b) Stig Landbourade op verskillende vlakke byvoorbeeld die Protokol waarvolgens landbou toegang tot Munisipale Rade kan kry;
c) Beding vir landbou op verskillende vlakke;
d) Steunwerwing by die provinsiale regering;
e) Moniteer die relevante wette en lig landboustrukture in;
f) Betrokkenheid by afbakeningsprosesse wanneer nodig; en
g) Samewerking met Onafhanklike Verkiesingskommissie.
8. OPLEIDING (Voorsitter: Martinus Leschinsky - 018 * 451 1155 / 082 697 6801)
Georganiseerde Landbou sien opleiding per sé nie as sy taak nie, maar moet beïnvloeding gebruik om byvoorbeeld leerplanne, aanwending van heffingsfondse (vaardigheidsontwikkelingswet), vennootskappe met rolspelers, ensovoorts te bestuur.
FOKUSPUNTE
a) Vestig 'n werksverhouding met die onderwysowerheid;
b) Moniteer wetgewing en beding vir fondse;
c) Moniteer die toestand van plaasskole en onderhandel vir opgradering;
d) Fasiliteer die sluit van plaasskoolkontrakte tussen die grondeienaar en die Departement;
e) Speel 'n aktiewe rol in PAETA en sake voortspruitend, byvoorbeeld fondse vir opleiding;
f) Betrokkenheid by Landbouskole, byvoorbeeld relevante curricula, junior Boereverenigings, ensovoorts;
g) Betrokkenheid by tersiêre instellings, byvoorbeeld die PU vir CHO, Landboukolleges (Kollege Adviesraad), ensovoorts; en
h) Deurlopende bywoning en steunwerwing tydens forums, konferensies, werkswinkels, ensovoorts.
8.1 TEGNOLOGIE ONTWIKKELING EN OORDRAG (Status: Uitkontrakteer/Alliansie)
FOKUSPUNTE
a) Landbou Navorsingsraad (LNR) : Bestuur van fokusverskuiwing en deurlopende skakeling;
b) Befondsing van navorsing;
c) Internasionale konvensies;
d) Beklemtoon owerheid se verantwoordelikheid;
e) Instandhouding van Staatsinstellings, byvoorbeeld Staatslaboratoriums, ensovoorts;
f) LNR se mandaat oor tegnologie oordrag moet ondersoek word;
g) Verkry inspraak in beleidskomitees wat oor tipe navorsing besluit; en
h) Deurlopende bywoning en steunwerwing tydens forums, konferensies, werkswinkels, ensovoorts.
9. VERVOER (Voorsitter: Leon Bellingan - 053972*2302 / 082 688 8306)
Behoorlike padinfrastruktuur is van kardinale belang vir effektiewe bemarking, landelike veiligheid, ensovoorts.
FOKUSPUNTE
a) Moniteer die toestand van die paaie deur middel van Distriksboere-unieverslae;
b) Die stig van en inspraak by Padforums;
c) Steunwerwing by en beïnvloeding van beleidmakers;
d) Privatisering van paaie; en
e) Vennootskappe met padverbruikers byvoorbeeld Vervoerverenigings, ensovoorts.
10. ELEKTRISITEIT (Voorsitter: Kobus Barkhuizen - 053*964 0779 / 082 357 9264)
FOKUSPUNTE
a) Die stig van klante- en ander forums waar aan die volgende sake aandag gegee word:
· Rekeningnavrae;
· Inligtingverskaffing;
· Aansoeke vir diens;
· Betalingsadvies;
· Kragonderbrekings; en
· Meterlesingsverslae.
b) Betrokkenheid by elektrisiteitsvergaderings;
c) Kommunikasie probleme tussen Eksom en Georganiseerde Landbou; en
d) Die ondervoorsiening en effektiwiteit van Eskom-personeel.
e) Steunwerwing en beïnvloeding van beleidmakers, hoofsaaklik ten opsigte van:
· Elektrisiteit vir die Suid-Afrikaanse boer;
· Basiese termes en definisies;
· Opwekking en verspreiding van elektrisiteit;
· Verligting van plaasgeboue, ingesluit plaaswerkerbehuising;
· Elektriese motors vir plaasgebruik;
· Handeling en verwerking van plaasprodukte;
· Prosesseringsaanlegte om onder andere plaasprodukte te hanteer;
· Algemene elektriese verwarmings- en drogingsprosesse van plaasprodukte;
· Koelopberging van landbouprodukte;
· Veilige gebruik van elektrisiteit; en
· Monitering en aanspreek van tariefstrukture.
11. GESONDHEID (Voorsitter: Joey van Zyl - 018*581 9885 / 083 720 3786)
Die Komitee se werksaamhede is aan die NW Vroue Landbou-unie (NWVLU) uitgekontrakteur.
FOKUSPUNTE
a) Monitering van die toestand van algemene gesondheidsdienste;
b) Steunwerwing by en beïnvloeding van beleidmakers;
c) Voedingstatus van plaaswekers in samewerking met PU vir CHO;
d) Nuwe gesondheidsinfrastruktuur byvoorbeeld gesondheidspunte (AHealth points@) op plase; en
e) n HIV-VIGS strategie vir landbou.
12. KOMMUNIKASIE (Voorsitter: André Killian - 018*431 0549 / 083 287 6594)
Effektiewe kommunikasie en toegang tot die internet is van uiterste belang binne die nuwe vryemarkstelsel.
FOKUSPUNTE
a) Monitering van kommunikasie in algemeen, maar veral ten opsigte van landlyne (Telkom) asook selfoondienste (Vodacom, MTN en andere);
b) Uitbreiding van rekenaartegnologie;
c) Bemagtiging van produsente deur opleiding, ensovoorts; en
d) Steunwerwing by en beïnvloeding van beleidmakers.
BESTUURSOPDRAG
1. BOERVESTIGING (Status: Aktiewe optrede/uitkontrakteer)
FOKUSPUNTE
a) Stel vas wie is die nuwe toetreders tot landbou en hoe hulle gehelp kan word;
b) Uitsluitsel oor toegang tot grond;
c) ondersteunende dienste, naamlik finansiering, kundigheid, insetverskaffing, bemarking, ensovoorts.
d) Waar gevestig? (Kyk ook punt 1(k));
. e) Fisiese infrastruktuur, naamlik, paaie, ensovoorts;
f) Maatskaplike infrastruktuur, naamlik klinieke, skole, ensovoorts; en
g) Ontwerp en implementering van vestigingsprojekte en die rol van kommersiële landbou daarin byvoorbeeld mentorskappe.
2. BEELDBOU EN KOMMUNIKASIE (Status: Aktiewe optrede)
FOKUSPUNTE
a) Wat se beeld wil ons hê - hoe moet ons lyk - aangevul deur 'n omvattende bemarkingstrategie;
b) Kohesie tussen produsente en rolspelers;
c) Kommunikasie en steunwerwing: regering en alle instellings;
d) Kommunikasie na eie lede uiters belangrik; en
e) Mediaskakeling - pers, radio, TV, brosjures, ensovoorts
3. ORGANISATORIES (Status: Aktiewe optrede)
FOKUSPUNTE
a) Befondsingsaksies. Ondersoek alternatiewe finansiering, byvoorbeeld vrywillige heffings, ensovoorts;
b) Ekonomiese insentiewe;
c) Waardetoevoeging tot lidmaatskap - eksklusiewe ledevoordele;
d) Deurlopende ondersoek na struktuuraanpassings om effektief te funksioneer; en
e) Die sluit van vennootskappe met alle rolspelers, aangesien die regering landbou nié meer so belangrik ag nie.