Sekondêre Dienste

1.              Hierdie dienste is 'n neweproduk van kundigheid; kennis; inligting en kapasiteit wat opgebou is as gevolg van die behoefte en aktiwiteite rondom die kernbesigheid of primêre dienste van die NWLU. Dit is dus vir die NWLU in 'n mindere of meerdere mate moontlik om op van die onderstaande terreine dienste te lewer, afhangend van beskikbare kapasiteit, met die doel om inkomste daaruit te genereer. Afhangend van die behoefte in die mark kan kundigheid selfs op sekere spesialisterreine bekom word.

Advies

1.              Arbeidsbestuur (wetsinterpretasie, kursusse, ooreenkomste, ens)

2.              Grondhervorming (restitusie- en ander wetgewing en prosesse)

3.              Oorhoofse belasting aangeleenthede

4.              Nywerheids- en handelsondersteuningsmaatreëls

5.              Handelsbeleid en die interpretering van handelsooreenkomste

6.              Ondersteuning en fasilitering van tariefbeskermingsaansoeke

7.              Verwysing van besigheidsnavrae

Inligting

1.              Opsommings en verduideliking van wette wat die landbou raak

2.              Die verspreiding van strategiese bestuursinligting wat ingekontrakteer kan word

3.              Mediaskakeling

4.              Benutting van ledelyste (in samewerking met affiliasies) vir die ontsluiting van die landboumark

5.              Toesprake skryf of lewer

6.              Steunwerwing

Dienste

1.              Sekretariaatdienste aan geaffilieerde bedrywe

2.              Die doen van beleids- en bedryfstudies

3.              Die fasilitering van (strategiese) beplanning en ontwikkeling

4.              Verkoop van NWLU Web-ruimte (bemarking en handel)

5.              Toegang tot 'n nuwe omvattende elektroniese kommunikasiestelsel (die noodkommunikasiestelsel is 'n element daarvan)

6.              Versekeringsprodukte (Agri Securiats Trauma- en Mediese skemas)

7.              Bedinging van eksklusiewe ledevoordele