Primêre dienste
1. Bou 'n Provinsiale-, Nasionale- en waar moontlik 'n internasionale netwerkkapasiteit met landbou en verwante sektore waardeur beïnvloeding en bedinging kan plaasvind.
2. Verseker 'n positiewe beeld van die kommersiële landbou deur doelgerigte beïnvloeding van besluitnemers, landbougroepe en nywerhede, die eindverbruiker en die breër samelewing.
3. Fasiliteer en koördineer kollektiewe strategiese denke en optrede van belanghebbendes in die landbou, ten einde regeringsbesluite en eie optrede te rig.
4. Stel geïnterpreteerde inligting beskikbaar vir onderhandeling op verskeie vlakke binne die georganiseerde landbou.
5. Moniteer en beïnvloed beleid, wetgewing en regulasies asook die toepassing daarvan, onder andere ten opsigte van:
6. Fasiliteer die hantering van geregverdigde konflik tussen belangegroepe in die landbou.
7. Fasiliteer kapasiteitskepping vir leier-ontwikkeling op verskillende vlakke van die georganiseerde landbou.
8. 'n Sekretariaatfunksie aan geaffilieerde bedrywe.