FINANSIES 

1.              Affiliasiegeld

 Die finansiële jaar strek vanaf 1 Augustus tot 31 Julie van n kalenderjaar. Affiliasiegeld beloop tans R750.00 + BTW vir hooflede en R375.00 + BTW vir afhanklike lede per jaar en is vooruitbetaalbaar. Affiliasiegeld word tydens die jaarkongres bepaal, met intreedatum 1 Augustus van n kalenderjaar. Lede betaal affiliasiegeld aan hulle Boereverenigings wie dan n oorbetaling aan die Distriksboere-unie doen, wat weer hul oorbetaling aan Agri Noordwes moet doen. Debietorders word sterk aangemoedig en word op 1 Augustus gevorder. 

LW:         Affiliasies wie se fooie op 31 Oktober van n finansiële jaar nie ten volle opbetaal is nie, sal met rente aangeslaan word, teen n koers gelykstaande aan wat Agri Noordwes die bank moet betaal.

 2.              Finansiële intensiewe

 Die toepassing van hierdie insentiewe is die prerogatief van die DBU-Bestuur en moet uiters omsigtig en selektief toegepas word. Voorleggings van sulke toegewings moet aan die Algemene Raad vir goedkeuring voorgelê word.

 3.              Affiliasiegeld in perspektief

 Berekenings dui daarop dat boere teen heersende pryse ongeveer 1,0% van die bruto omset per jaar deur middel van Statutêre heffings aan die voormalige Rade betaal het. Vir n gemiddelde gemengde boerdery met n omset van ongeveer R2 miljoen, sou die bedrag ongeveer R20 000 per jaar beloop, waarvan ongeveer R200 aan Georganiseerde Landbou (Agri SA) oorbetaal sou word. Gesien die gemiddelde gemengde boerdery se bruto omset, kan die beraamde kostre na afskaffing van statutêre heffings as volg daaruit sien:

Agri Noordwes Affiliasie                              R   750  (BTW uitgesluit)
Boereverenigings                                     ±R     35   (Boereverenigingfooi vir administrasiekoste)
Graan SA                                                 ±R   200  (Lidmaatskapfooi)
                                                                  R2 000  (Voorgenome heffing @ R2,00/ton)
NWRPO                                                    ±R   378  (Heffing @ 0,15 persent)
                                                                  ---------- 
                                                                  R3 413 
                                                                  ----------

 Opmerking: Hierdie bedrag is nie vas nie en kan wissel na gelang van die aantal bedryfstakke en alternatiewe opsies uitgeoefen. Affiliasiefooie moet egter vergelyk word met die ongeveer R20 000 wat in die verlede met statutêre heffings betaal is.