AGBIZ@ ASSOSIATE

MISSIESTELING:

"DIE ONTWIKKELING EN BESKIKBAARSTELLING VAN STRATEGIESE EKONOMIESE INTELLIGENSIE BINNE DIE LANDBOUOMGEWING".

Suid-Afrikaanse landbou word toenemend uitgedaag om mededingend op plaaslike en internasionale vlak te opereer, asook om verhoogde toegang aan ontwikkelende landbou te verleen. Beide die privaat en die publieke sektore staan voor strategiese keuses in hierdie milieu. Die behoefte aan landbou-ekonomiese intelligensie en veral landboubedryfs- en hulpbronstudies om strategiese besluitnemingsprosesse op beide beleids- en operasionele vlak te ondersteun, word toenemend beklemtoon.

Min organisasies in die landbou beskik oor al die kundigheid om die problematiek van die SA landbou volledig aan te spreek. Uit die aard van die saak behoort samewerking tussen kundiges om strategiese inligting vir die doel te genereer vir die landbou tot groot voordeel te strek.

Hierdie visie en die samewerking tussen die volgende groepe het gelei tot die stigting van AGBIZ@:

Agrimark Konsultante (dr Johan Willemse, tel (012) 335 1076);

Standard Bank, Landbou-afdeling (mnr Bertus van Heerden, tel (011) 636 9112);

Die Landbounavorsingsraad (mnr Johan Carstens, tel (012) 427 9750);

Die Landboubesigheidskamer (dr Johan van Rooyen, tel (012) 322 7181); en

Die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, Universiteit van Pretoria (prof Johann Kirsten, tel (012) 420 3248).

Elk van hierdie groepe beskou die ontwikkeling van strategiese ekonomiese intelligensie as n generiese en basiese element vir hul eiesoortige, gefokusde en unieke behoeftes, hetsy agribesigheids- en finansiële besluitneming, landboubeleidsanalise en advies, tegnologie-ontwikkeling en impakontledings.

Hierdie behoefte ondersteun die daarstel en instandhouding van stelsels wat strategiese intelligensie versamel, verwerk en versprei. Ten grondslag van hierdie behoeftes lê die strewe na uitnemendheid wat vir elke deelgenoot deur samewerking verwesentlik kan word.

AGBIZ@ sal gesamentlik en op n sinergistiese wyse strategiese intelligensie lewer deur die samevoeging van en wisselwerking tussen eie unieke areas van uitnemendheid. Hierdie samewerking berus op die komparatiewe voordeel van elke deelgenoot/ assosiaat. Die LBK sal die sekretariaat hanteer.

AGBIZ@ sal grootliks op die volgende fokus:

Vier tipes dienste word deur AGBIZ@ voorsien:

e-pos: [email protected]

Terug na bo