Visie    Terugb.gif (1527 bytes)

Agri SA is 'n onmisbare skakel in die landboubedryf. As dominante speler op die Afrika-kontinent is ons die model van uitmuntende dienslewering vir plaaslike en internasionale landboubedrywe.
Ons fokus is alle kommersiële landbouprodusente en besighede met wie ons in noue voeling is. Ons doelwitte is geloofwaardig omdat dit lede se belange nastreef en ander se behoeftes in ag neem. Ons gebruik voorpunt tegnologie en dien as gesaghebbende bron van inligting oor die omgewing, markte en stelsels. Deur middel van omvattende netwerke tree ons as invloedryke mondstuk op en beding deurlopend tot voordeel van ons bedryf. Die waarde wat ons toevoeg, stel produsente en besighede in staat om met selfvertroue in die wêreldomgewing mee te ding.   Hierdie kundigheid word wyd erken, vertrou en waardeer; ons integriteit, lojaliteit en karakter maak ons 'n eerste keuse om sake mee te doen.
Hierdie kragtige voertuig word ondersteun deur 'n gemeenskap van produsente en besighede, wat hartlik saamwerk en waar gemeenskaplike belange die toon aangee. Vir hulle is Agri Suid-Afrika die tuiste en saambindende krag en vennootskap. Die resultaat is trotse, gemotiveerde produsente en landboubesighede wat uitmunt in lewenskragtigheid en mededingenheid. Landelike gemeenskappe is weer stabiel en veilig, en vir die staat is landbou die onbetwisbare enjin vir die Afrika-herlewing. Saam met emtoesiastiese produsente en sakeleiers vorm Agri Suid-Afrika se bekwame personeel 'n deskundige wenspan, wat 'n noodsaaklike gerespekteerde plek in die Suid-Afrikaanse huishouding inneem.

Terugb.gif (1527 bytes)