Rede vir bestaan
Die motivering vir die bestaan van die organisasie het ondanks naamsveranderings vanaf Interkoloniale Landbou-unie (1904) na Suid-Afrikaanse Landbou-unie (1909) en Agri SA (1999) oor die afgelope 100 jaar grootliks onveranderd gebly. Die bestaansreg van dié organisasie is steeds hoofsaaklik daarop gebasseer om beleid op alle owerheidsvlakke tot voordeel van kommersiële landbouprodusente en -besighede te beïnvloed, asook om op operasionelevlak ons misie te ondersteun.