Agri Suid-Afrika in diens van die boer sedert 27 April 1994

Op hierdie webbladsye word 'n kernoorsig van optredes deur Agri SA in boere se ekonomiese, maatskaplike en veiligheidsbelang aangestip.

27 April 1994 het 'n nuwe era vir die Suid-Afrikaanse boer en sy organisasies ingelui en spelreëls het inderdaad oornag aangrypend verander. Enorme uitdagings moes in 'n nuwe landbou-
onvriendelike politieke omgewing aanvaar en bedreigings veral vir kommersiële landbou die hoof gebied word.

Agri SA lewer 'n wye spektrum dienste en die terreine waarop daar op nasionale vlak toegevoegde waarde vir produsente bewerkstellig moet word, is omvattend.

Dit sluit in: grondbewaring en omgewingsake, grondhervorming, aangeleenthede rakende kleinskaalprodusente, waterhulpbronne, arbeidswetgewing, gemeenskapsontwikkeling, onderwys en opleiding, landelike ontwikkeling, elektrisiteitsvoorsiening, veiligheid, wet en orde, landelike plaaslike regering, monetêre beleid, fiskale beleid, finansiering, ramp- en noodhulp, handelsbeleid, nywerheidsbeleid, landboubediening, bemarking, ekonomiese/finansiële markinligting, insetkoste, vloeibare brandstof, vervoer, siekte- en plaagbestryding, en voedselsekerheid.

 

Kommunikasie met lede

Agri / Agri

Hierdie publikasie is in 'n kompeterende landbou-advertensiemark as 'n kragtige kommunikasiemedium met lede uitgebou. Die tydskrif het die afgelope twee jaar geweldig uitgebrei in volume terwyl groot waardering dwarsoor die land deur lesers uitgespreek word oor die voorkoms en inhoud.

Radioprojekte:

Sedert die verkiesing het veral die openbare uitsaaier (elektroniese media) insgelyks 'n vreemde rigting ingeslaan.

Agri SA het egter 'n "self-help"-benadering gevolg en verskeie nuwe mediabenuttings- en blootstellingsgeleenthede op nasionale-, streek- en gemeenskapsradiodienste ondersoek en in plek gekry, waaronder vyftien minute elke Dinsdag en Donderdagmiddag op Radiosondergrense (RSG) met landbou- en landbou-verbruikergerigte nuusbulletins en inhoud. Hierdie bulletins word weekliks op Agri-Info geplaas.

Nagenoeg 20 streek- en gemeenskapstasies word ook met hierdie aksie bereik en word steeds verder uitgebou.

 

Wat doen Agri Suid-Afrika op die terrein van wetgewing ?

 

Voorbeelde van suksesvolle bedinging


In September 1996 is voorleggings aan die Portefeuljekomitee oor Grondsake gedoen wat daartoe meegewerk het dat die "caveat" nie meer teen boere se titelaktes geregistreer word wanneer restitusie-eise teen die grond ingedien word nie.

Deur volgehoue pogings van Agri Suid-Afrika (en ander) is daar 'n eiendomsklousule in die Grondwet. Baie "grondloses" was totaal daarteen gekant.

Deur Agri SA se insette is die Huurarbeiderwet se impak grootlike versag.

Na 'n gesprek van Agri SA-dagbestuur het Minister Hanekom die advertensieveldtog oor die Wetsontwerp op Uitbreiding van Sekerheid op Besitreg opgeskort en wesenlike wysigings aan die konsepwet aangebring.

Agri Suid-Afrika was verteenwoordig in die besigheidsonderhandelingspan wat vakbonde in hul spore gestuit het met die aandrang op 'n 40-uur werkweek.

 

Bemarkingswet

Ook wat die Bemarkingswet betref, staan Agri SA in diens van die boer.

 

Belastingaangeleenthede

Agri SA is betrokke by onderhandelinge oor die behoud van 'n aanvaarbare belastingbedeling vir die landbou ingevolge onder meer Bylaag 1 van die Inkomstebelastingwet (byvoorbeeld standaard waardes van vee).

Agri SA is ook namens boere betrokke by die evaluering van grondbelasting as belastinginstrument in samewerking met die Katz-kommissie. (Daar is reeds algemene aanvaarding dat dit nie 'n nasionale belasting kan wees nie.)

 

Internasionale Handel

Agri Suid-Afrika is deur sy Nasionale Bedryfskamer intens betrokke by die prosesse wat bestaan en onderhandel ten opsigte van die volgende internasionale handelsreëlings:

Ten opsigte van internasionale handel, is Agri SA-aktiwiteite gerig op die volgende:

 

Ramp- en noodhulp

Ten opsigte van ramp- en noodhulp lewer Agri Suid-Afrika 'n sterk bydrae aan die individuele boer:

 

Elektrisiteit

 

Besproeiing- en watersake


Tariefaanpassings op staatwaterskemas


Agri SA het na intensiewe onderhandelings daarin geslaag om Kadar Asmal se voorgestelde tarief-aanpassings van 30% op alle skemas om te keer deurdat 'n gedifferensieerde watertariefbeleid aanvaar is waarin tariefaanpassings oor vyf jaar ingefaseer word.

In praktyk beteken dit dat sommige skemas geen verhogings gehad het nie.

Nooddrinkwaterskema

Hierdie hulpskema is op versoek van Agri SA in werking gestel. (Boor van gate, aanlê van water met behulp van noodpypleidings en aanry vir veesuipdoeleindes)

 

Hulpbronbewaring

Grondbewaringswerke:

Agri SA beding tans vir vehogings van subsidies betaalbaar vir oprigting van bewaringswerke. Aanduidings is dat 'n verhoging van 3,5 tot 4 keer op die huidige R11 miljoen kan realiseer.

 

Wet en orde

 

Landelike regering


Agri Suid-Afrika beywer hom intens vir 'n landelike regeringstelsel waarin die landbougemeenskap erkenning sal geniet en 'n rol sal kan vervul.

 

Telkom


Agri Suid-Afrika voer deurlopend gesprekke op bestuursvlak met Telkom om die landbougemeenskap se stelselprobleme aan te spreek en die nodige oplossings te vind.

 

Suid-Afrikaanse Poskantoor


Agri Suid-Afrika beding vir die afskaffing van die jaarlikse posbus huurgeld vir persone wat van 'n posbus gebruik maak, maar nie oor 'n afleweringsdiens beskik nie.

 

Arbeid

Agri SA staan midde-in 'n debat oor die nuwe regering se totale hervorming van die arbeidsmark, binnelands sowel as die sterk invloede van buite ons grense. Boere word deurlopend ingelig by wyse van artikels in AGRI en handleidings oor die verskillende wette.

 

Internasionale skakeling


Die Suid-Afrikaanse boer word al hoe meer intens bewus van die internasionale landbou-omgewing.

Op hierdie terrein is Agri SA deurlopend in skakeling met die belangrikste rolspelers deur die Internasionale Federasie van Landbou-produsente, die Internasionale Kamer van Koophandel, die Internasionale Arbeidsorganisasie en verskeie ander.

Nuwe markgeleenthede word ook deurlopend vir die RSA-landbouprodukte verken, soos onlangs in China en Indonesië.

 

Onderhandelingsforums


Agri Suid-Afrika is deurlopend en aktief betrokke by onderhandelingsforums, waaronder BSA en Nedlac, en het reeds by verskeie geleenthede ondersteuning vir die landbou se saak van bondgenote in hierdie omgewings gekry.

 

Omvattende kommunikasieplan

'n Omvattende kommunikasieplan is deur Agri Suid-Afrika ontwikkel wat doelgerig:

 

Parlementêre Kantoor


'n Voltydse Parlementêre kantoor is in Kaapstad gevestig en diens word deurlopend gelewer aan alle affiliasies en rolspelers ten opsigte van Parlementêre waarneming, koördinasie, organisasie en skakeling aan die landboufront.