Omgewingsake 
Die aksies wat verband hou met omgewingsake is daarop gerig om uitvoering te gee aan die beginsels van volhoubare ontwikkeling soos internasionaal vasgestel en deur Suid-Afrikaanse wetgewing voorgeskryf. Dit sluit in:
- Inspraak in en deelname aan die werksaamhede van die Verenigde Nasies se Kommissie vir Volhoubare Ontwikkeling.
- Deelname aan die hersiening van wetgewing en regulasies wat omgewingsverwante kwessies reël (bv. veldbrande en die beheer van pae).
- Inspraak rakende die funksies van LandCare-komitees van Nasionale Departement van Landbou (NDL).
- Kommentaar op mynbouwetgewing en toepassingsprobleme..
- Deelname aan die Werk-vir-Water Program met die doel om ongewenste uitheemse bome deur werkskeppingsprogramme te verwyder en stroomvloei in riviere te verbeter.
- Deelname aan die formulering van 'n "Farmers Charter" soos beoog deur die NDL en in beginsel aanvaar by die Wêreldspitsberaad vir Volhoubare Ontwikkeling.
