Nuusbrief - News letter

Stuur enige kommentaar aangaande hierdie nuusbrief aan ons by

Ons ontvang graag nuusbrokkies en belangrike datums (elekronies) ter oorweging vir publikasie vóór Donderdae 10:00, -

AgriSEB

Hans van der Merwe

Affiliasies word herinner aan die noodsaak om teen 6 September 2004 kommentaar te lewer op die konsepstandpunt oor AgriSEB wat gesirkuleer is. Hoewel tyd beperk is, is dit belangrik om grondvlakkommentaar daarop in te win. Agri SA is hiervoor van affiliasies se samewerking afhanklik. Daar is n spefieke behoefte om meer gedetailleerde insette van affiliasies te ontvang oor die finansiering van grondaankope vir bemagtigingsdoeleindes asook die struktuur en inhoud van n moontlike telkaart waarmee vordering ten opsigte van Swart ekonomiese bemagtiging in die landbou gemeet kan word. 

SACAU MEETING

Hans van der Merwe

The Southern African Confederation of Agricultural Unions (SACAU), consisting of national farmer organisations from South Africa, Namibia, Zimbabwe and Zambia, met last week in Zimbabwe for the AGM and Council meeting. Agri SA was represented by Messrs Japie Grobler, Bully Botma and Hans van der Merwe.

The executive was reconstituted with Mr A Vashee from Zambia as president, Messrs P Rammutla (Nafu, RSA) and D Taylor-Freeme (CFU, Zimbabwe) as deputy presidents. Messrs B Botma (Agri SA) and S Hungwe (ZFU) were elected as additional members. Organisations from Malawi and Madagascar were also admitted as members of SACAU.

Various presentations were made and resolutions adopted on:

Plans and objectives affecting agriculture within the Regional Indicative Strategic Development Plan (RISDP)

Status and Role of GMOs in African agriculture.

Progress in the Doha Round of the WTO Trade negotiations

Factors influencing investment climate in the SADC region

Profiling and capacity building in SACAU

Dowry stands up for farmers

Report by SAPA on 22 November 2004

"Irresponsible" allegations that farmers in the Western Cape abuse their workers should stop, provincial agriculture MEC Cobus Dowry said on Monday.

Speaking in Robertson at a farm labour indaba attended by worker representatives, organised agriculture and government, he said assault and abuse would not be tolerated.

"However, what is disturbing is that I have had every case reported to me investigated, and in no case was there grounds for the allegations.

"I must warn those who are continually casting aspersions on the conduct of commercial farmers. You are playing with fire, because this irresponsible conduct can have dire consequences for our agricultural exports."

He said when there were complaints, they should be reported to him with the name of the employer and farm.

"But in the same breath, I ask that those who make these irresponsible allegations in public, for whatever dubious reason, stop immediately."

Dowry also said his department had set up a special directorate of farmworkers' affairs, believed to be the first in the country.

He said the department wanted to transform the role and position of a sector that had for years been manipulated, disadvantaged and discriminated against.

"The negative consequence is that the farmworker community has been enslaved not only physically and materially, but also psychologically and spiritually."

The creation of the directorate would allow priority to the interests and needs of the farmworker community.

Its role would be to co-ordinate services, particularly socio-economic and political, to this group.

The Robertson indaba is the first of five regional farmworkers indabas to be held across the province, following a provincial-level meeting in Stellenbosch two months ago.  

Parlementêre verslag 8 - 19 November 2004

Annelize Crosby, Parlementêre Skakeling 

1. Die Nasionale Bemarkingsraad het op 12 November 2004 hulle Jaarverslag en Finansiële state aan die Portefeuljekomitee op Landbou en Grondsake voorgelê. Die voorlegging is gedoen deur die voorsitter, Mnr Rathoga en twee raadslede, Me Ndaba en Mnr Mvabaza. Mnr Rathoga het gesê dat die Bemarkingsraad se rol is om ondersoek in te stel, advies te gee en die implementering te monitor van statutêre maatreëls in die landbousektor. Die Raad onderneem ondersoeke saam met rolspelers ten einde probleme met landbou-bemarking aan te spreek en geleenthede te identifiseer. Die Bemarkinhgsraad beoog om 36 werkswinkels landwyd te hou om inligting oor bemarking aan opkomende boere te verskaf; hulle hoop om 36 000 opkomende boere op die manier te bereik. Mnr Rathoga het sy frustrasie uitgespreek oor die feit dat die Bemarkingsraad net n adviesliggaam is en nie uitvoerende magte het nie. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee het aangedui dat dit n beleidsverandering sou verg en het gesê dat die Portefeuljekomitee graag op n later stadium in meer diepte met die Bemarkingsraad hieroor sou wou gesels. Die Raad het inligting gegee oor welke Beheerrade nog nie ontbind is nie en wat die redes daarvoor was. Daar was heelwat vrae oor die skikking wat die Wolraad met sy Australiese eweknie bereik het Die Portefeuljekomitee het kritiek uitgespreek op die Raad se finansiële bestuur en het daarop gewys dat die Ouditeur-generaal hul finansiële state in verskeie opsigte gekwalifiseer het.

2. Die Portefeuljekomitee op Landbou en Grondsake het op 17 November 2004 hul verslag oor die openbare verhore oor die "Pas van Grondhervorming" bespreek en aanvaar. Die Komitee bevel onder andere aan:

2.1 Dat die begroting vir grondhervorming drasties vergroot moet word;

2.2 Dat plaasbewoners wat uitgesit staan te word, regsverteenwoordiging van die staat moet kry;

2.3 Dat die regering n moratorium op die verkoop van grond aan buitelanders moet oorweeg, hangende die bevindinge van die Ministeriële kommissie wat die kwessie ondersoek;

2.4 Dat die aktekantoor rekords moet reflekteer wat die ras en geslag van kopers van grond is;

2.5 Dat die staat meganismes moet ontwikkel wat die toename in grondpryse ontmoedig;

2.6 Dat die staat al sy magte, insluitende onteiening moet gebruik om grond te bekom;

2.7 Dat die staat moet sorg dat plaaswerkers ingelig word oor hulle regte;

2.8 Dat grondhervormingsprogramme behoorlik geintegreer moet word; Dat die impak van hoë rentekoerse op opkomende boere verlig moet word;

2.9 Dat die Departement Grondsake al die "loopholes" in die Verblyfregwet en Huurarbeiderwet moet toestop en wetswysigings in die verband voor die einde van 2005 aan die Parlement moet voorlê.

Elektrisiteitspryse bly onder die soeklig

Johan Pienaar: Direkteur: Ekonomie en Handel

Die landbousektor het in die jaar geeïndig 30 Junie 2004 nagenoeg R690 miljoen aan elektrisiteit spandeer. Dit verteenwoordig 2% van die totale uitgawes aan intermediêre insette en dit is gevolglik duidelik dat dit een van die kleinere koste-items van die sektor verteenwoordig. Dit beteken egter nie dat dit nie vir bepaalde groepe boere van besondere belang is nie, vandaar Agri SA se betrokkenheid by verskeie aspekte van die prysbepaling van elektrisiteit wat veral in die jongste verlede onder die soeklig gekom het. Die Minister van Minerale en Energie het op 28 Mei n konsep elektrisiteitsprysbeleid gepubliseer waarop Agri SA kommentaar gelewer het. Dit het gevolg nadat daar n moratorium geplaas is op die jaarlikse addisionele verhoging (benewens normale aanpassings in elektrisiteitstariewe) van 4 persentasiepunte, op landelike verbruik ten einde volle kosteverhaling te bevorder, wat in die vorige jaar van toepassing was.

Die belangrikste aspek van die voorvermelde prysbeleid in die mate wat dit die landbou raak is die sogenaamde kruissubsidiëring tussen grootmaat en landelike verbruikers tot voordeel van laasgenoemde. Eskom het reeds in 2003 n studie in die verband gedoen waarvolgens dit geblyk het dat landelike tariewe met tussen 56% en 135% sal moet styg om dié kruissubsidiëring uit die weg te ruim.

Die Nasionale Energie Reguleerder (NER) het n Britse konsultasie groep genaamd "Mill House Associated Ltd" aangestel om spesifiek kruissubsidiëring te bestudeer en bepaalde aanbevelings daaroor te maak.

Die projekleier, Mnr Ivan Adams, het Dinsdag voorlopige resultate in die verband voorgelê. Die basiese gevolgtrekking van die studie was dat die omvang van kruissubsidiëring binne die konteks van die elektrisiteitsbedryf as geheel nie wesenlik is nie en dat die uitwerking daarvan op spesifiek ook grootmaatverbruikers wat vir die kruissubsidiëring "betaal", beperk is. In wese kom dit daarop neer dat die bestaande stelsel, sonder wesenlike implikasies, behou kan word. Daar is ook baie spesifiek aangedui dat alhoewel die verwydering van kruissubsidiëring n teoreties goeie ideaal mag wees, dit nooit volledig in die praktyk sal realiseer nie.

Alhoewel daar verskeie aanbevelings gemaak is rondom bv. n nasionale egalisasiefonds en uniforme riglyne vir toekomstige elektrisiteitsverspreiders (sogenaamde REDs) is dit duidelik dat die algehele verwydering van kruissusidiëring nie as n alternatief gesien word nie. Dit is in ooreenstemming met Agri SA se voorleggings in die verband. Daar sal verseker ook weer deelgeneem word aan verdere aksies in die verband bv. reaksie op die finale verslag van die konsultasiegroep en die ontwikkeling van riglyne deur die NER aan die hand van laasgenoemde. 

Disaster Management in Agriculture

Johan Pienaar: Director: Economics & Trade

The Disaster Management Act (No. 57 of 2002) was enacted on 1 July 2004 and is now in the process of being implemented.

The act provides for an integrated and co-ordinated disaster management policy that focuses on preventing or reducing the risk of disasters, mitigating the severity of disasters, emergency preparedness, rapid and effective response to disasters, and post-disaster recovery. The establishment of national, provincial and municipal disaster management centres, disaster management volunteers and matters relating to these issues are also mentioned.

A disaster management framework specified by the act is currently being developed and did receive further attention during a workshop that took place on Tuesday.

Rapid and effective response to disasters and post-disaster recovery and rehabilitation formed part of the discussions.

Section 25 of the act specifies the need for organs of state like the National Department of Agriculture to prepare disaster management plans. Some work has already been done on the development of a drought strategy. Speeding up of the process is clearly needed given the ad hoc nature of the (limited) disaster support having gone the way of agriculture in recent times.

Stand van damme soos op 22 November 2004

Martina Benadé: Ekonomie & Handel

Op 22 November was die gemiddelde waterinhoud van die vernaamste besproeiingsdamme in die land (insluitende die Katsedam in Lesotho) 59,4%, wat nagenoeg 4 persentasiepunte laer was as die ooreenstemmende syfer van 63,1% op 22 November 2003.

Opsommend was die gemiddelde waterinhoud van damme in die onderskeie provinsies soos volg: (ooreenstemmende syfers vir 2003 word tussen hakkies aangedui)

Uit die tabel kan gesien word dat damme in die Vrystaat, Gauteng, Noord-Kaap en die Wes-Kaap se vlakke veel laer was as n jaar gelede.

In Noordwes was die Ngotwanedam (16%), Olifantsnekdam (10%), Kosterdam (23%) en die Kromellenboogdam (25%) se watervlak die laagste. In die Limpopoprovinsie was die Ohrigstaddam (35%), Ebenezerdam (36%) en die Tzaneendam (35%) se watervlakke die laagste, terwyl die res van die damme se vlakke gewissel het tussen 56% (Middel-Letabadam) en 98% (Magoebaskloofdam). Damme soos die Allemanskraal (10%), Erfenisdam (18%), Kalkfontein (19%), Krugersdriftdam (8%), Koppiesdam (7%) en die Bloemhofdam (12%) was van die leegste damme in die Vrystaat. Damme in Mpumalanga se vlakke het gewissel tussen 18% en 90% vol, met die Bronkhorstspruitdam (34%), Westoedam (24%) en die Driekoppiesdam (18%) wat van die leegste damme in die provinsie was. KwaZulu-Natal se damme se vlakke het gewissel tussen 27% (Albert-Falls) en 105% (Driel Barragedam) vol. Damme in die Oos-Kaap en Wes-Kaap was gemiddeld 70% en 55% vol.

Bloot geoordeel aan hierdie statistiek is dit duidelik dat daar streke is wat dringend reën nodig het.

Die stand van damme word op n weeklikse basis deur die Departement van Waterwese en Bosbou gepubliseer. http://www.dwaf.gov.za 

Algemene Sakekamer ontvang toeligting

Kobus Visser, Korporatiewe Skakeling

Tydens n onlangse telefoonkonferensie het die Algemene Sakekamer van Agri SA toeligting ontvang oor die verloop van die volgende sake:

Modderklip hofsaak - toeligting is verskaf oor die verloop van die saak in die Konstitusionele Hof wat op 4 & 5 November 2004 aangehoor is. Lede is ook ingelig oor die onderskeie argumente wat tydens die hofverrigting aangehoor is. Uitspraak in die saak word vroeg in 2005 verwag.

Mineraalregte - Agri SA se prokureurs het toeligting verskaf oor die verloop met die indiening van eise ten opsigte van die moontlike onteiening van bestaande mineraalregte. In die verband is Agri SA besig om regsadvies in te win oor die vraag of dit onteiening is.

Agri SEB - Lede is op hoogte gebring van die onderskeie stappe waarmee Agri SA besig is om n gekonsolideerde standpunt oor Agri SEB te formuleer. Lede is ook versoek om alle beskikbare inligting oor hierdie onderwerp met hulle lede tot op grondvlak te deel en grondvlakstrukture aan te moedig om hulle insette hieroor te gee.

CrisisOnCall maak die verskil in nood

Kobus Visser, Korporatiewe Skakeling

CrisisOnCall, een van die Agri Securitas Trustfonds se vennote, het herhaaldelik bewys dat daar op hom staat gemaak kan word in enige noodsituasie. Die organisasie maak reeds maandeliks n bydrae tot die Trustfonds wat weer aangewend word vir plaasbeveiligingsprojekte. Verskeie lede het reeds by CrisisOnCall aangesluit en geniet die gemoedsrus om te weet dat deur net n enkele nommer te skakel is hulp in nood onmiddelik beskikbaar. Die volgende reaksie wat van CrisisOnCall lede ontvang is wys weer op die noodsaaklike diens wat die organisasie lewer vir net R40.00 per maand.

Die eerste berig handel oor die skoolbusongeluk op 20 Oktober 2004 in Johannesburg wat wye televisiedekking geniet het. Dit is die ervaring van n ma wie se kind in die ongeluk was en n lid van CrisisOnCall is.

"Wednesday just after 3 o'clock I received a call from a very warm and friendly voice on the other end of the line informing me of my daughter's accident. I was told that my daughter was part of a bus accident and that the ambulance is on its way to Sunning Hill clinic, not very far from where I work. The voice also informed me that they are in constant contact with the paramedic in charge and gave me the guarantee that my daughter is not in direct danger. They even wanted to know if I have transport to the hospital. On my recognition on that question I was recommended by the person behind the voice to go to the trauma unit of the hospital. They even asked me if I know how to get to the hospital. On my way my cell phone rang and it was that calm voice again. Mam, are you on your way? Yes I am. Well we have an update. Your daughter is now in the trauma unit and except from a few bruises she is fine and waiting to meet you. This was really good news. On arrival at the hospital all hell broke loose. Parents were running around looking for their children, shouting and screaming. I was really distressed at that time. I walk into the trauma unit and gave my name at the counter. Although the medical people were running around with a lot to do I was immediately taken to my daughter. What a relieve. There she was. Smiling and we just hold each other for several minutes. My husband joined us about 30 minutes later. He also received a call from CrisisOnCall. I then realized. The CrisisOnCall bracelet did the trick. We received several calls from the special voice to assure that everybody is fine. Well done, I am part of Crisis On Call for the rest of my life."

Liz Goslin

Die volgende is die verhaal van die Greyling-familie wat ook lede van CrisisOnCall is:

Die Greyling-familie het op n Vrydagmiddag vir die naweek na Standerton vertrek. Ma, pa en 2 kinders was opgewonde om die naweek op die plaas saam met oupa en ouma deur te bring. Ma is onder ernstige medikasie en pa is 'n insulien diabeet. Hulle bel CrisisOnCall Vrydagmiddag en versoek reismonitering elke uur. Die eerste uur word hulle gebel en alles is wel. Maar die pa klink bietjie "af'" en die gevalle bestuurder besluit om nie eers weer na 'n uur te skakel nie. Sy skakel na 20 minute weer. Die foon lui lank en dan antwoord 'n vreemde persoon. Hy verduidelik dat hy sopas op 'n toneel gestop het waar 'n voertuig gerol het en het die selfoon in die gras hoor lui. Onmiddellik word die Greyling geval as 'n "code red" geval by die roepsentrum geregistreer.

Die persoon wat die foon geantwoord het, hardloop na die voetuig in die gras. Daar vind hy al 4 lede van die familie in 'n kritieke toestand. Intussen is daar reeds 'n boer wat van sy lande by die wrak aangekom het en hy is besig om van een van die armbandjies die CrisisOnCall nommer te skakel. Nooddienste van Secunda (ER24) word dringend gestuur terwyl paramedici vir die boer en die ander persoon telefonies inlig oor basiese noodhulp. As gevolg van die pa se toestand word besluit om 'n mediese helikopter ook na die toneel te stuur. Die pa word na die Pretoria-Oos hospitaal gevlieg. Die ma en twee kinders word na Secunda geneem waar hulle in 'n privaat hospitaal opgeneem word. Later die aand word een van die kinders ook na Pretoria-Oos hospitaal per helikopter oorgeplaas.

Omdat CrisisOnCall almal se besonderhede op rekenaar gehad het was toegang tot 'n privaat hospitaal nooit 'n probleem nie. Naasbestaandes is ook op hoogte gehou en die familie is deurentyd bygestaan. Kritieke mediese inligting is ook aan die paramedikus op die toneel deurgegee sowel as aan die dokter in die helikopter. Die gesin is almal nog in die intensiewe eenheid van twee hospitale. Die geval word steeds deur CrisisOnCall bestuur aangesien oupa en ouma natuurlik baie geskok is en graag op hoogte wil wees van die toedrag van sake.

Wat sou met die gesin gebeur het indien daar geen identifikasie items was nie?

In hierdie gevalle is die mediese diens aan die gesinne gratis verskaf deur CrisisOnCall tot by die hospitaaldeur. Van hier het die onderskeie mediese fondse oorgeneem. Indien u nog nie n lid van CrisisOnCall is nie - oorweeg dit gerus, dit is die moeite werd. Vir meer besonderhede oor CrisisOnCall, skakel gerus vir Marius Vermaak, 083 302 7576 of e-pos [email protected], of besoek die Agri Securitas webruimte vir n aansoekvorm by agriinfo.co.za/agrisecuritas. 

Nissan doen dit weer

Kobus Visser, Korporatiewe Skakeling

Die laaste wedren in die nasionale veldrenreeks het soos verlede jaar op dramatiese wyse geëindig. In die reeks van 8 wedrenne het die Nissan Hardbody 7 van die wedrenne gewen. Nissan is nou vir die 4de agtereenvolgende jaar die algehele produksievoertuig-, vervaardigers- en in twee klasse die kampioene. Hierdie prestasie plaas weer die kroon op Nissan se harde werk in n mededingende veldrenseisoen. Voorwaar n puik een, wat weer die duursaamheid en onvernietigbaarheid van die Nissan Hardbody illustreer wat steeds in die landboumark n gewilde keuse is.

Nissan SA, een van die vennote van die Agri Securitas Trustfonds, maak ook maandeliks n groot finansiële bydrae tot die Agri Securitas Trustfonds. Hierdie bydrae het die fonds in staat gestel om reeds 65 landelike beveiligingsprojekte finansieël te ondersteun. 

Al meer deel in Smartcom voordeel

Kobus Visser, Korporatiewe Skakeling

Smartcom wat reeds sinoniem is met die landbou selfoonmark het die afgelope maand n volgende mikpunt bereik deurdat meer as 4 100 intekenare hulle selfoonkontrakte oorgeskakel het na Smartcom. Hierdie prestasie word ondersteun deur n toenemende vraag uit die landbou vir n goeie diens waarvoor Smartcom oor die afgelope paar jaar as vennoot van Agri SA bekend geword het. Met die ondersteuning wat Smartcom uit die landbou ontvang, maak hy reeds op n maandelikse basis n groot finansiële bydrae tot Agri SA en die Agri Securitas Trustfonds.

Dit is veral in die Mpumalanga provinsie waar Smartcom goeie ondersteuning geniet, gevolg deur die Noorwes provinsie. Individue en landboumaatskappye wat belangstel om hulle selfoonkontrakte oor te skakel na Smartcom kan n 10% besparing op oproepkoste en subskripsiekoste verwag wat aangevul word met n goeie diens. Vir meer besonderhede skakel gerus vir Smartcom by (011) 507 4600.

Agri TV

Annelu Eksteen

AgriTV, kwart voor ses op SABC 2, Maandag tot Vrydag, met 'n heruitsending van die hele week se episodes, Sondagoggende vyfuur op SABC 2, en Sondagmiddae eenuur op SABC Africa.

Lekker boer!


Ondersteun ons vennote

Agri Securitas Trustfonds Vennote

Hierdie vennote maak 'n bydrae tot die boeregemeenskap se veiligheid.

·          Nissan SA

Indien n boer of lid van sy familie n nuwe Nissan voertuig aankoop, help die landbougemeenskap om in sy eie veiligheid te belê, deurdat Nissan SA n finansiële bydrae aan die Agri Securitas Trustfonds maak ten bate van plaasveiligheid.  Lede van Agri SA gebruik die Agri SA vlootkode, F14911, met die aankoop van enige nuwe Nissan voertuig.   Navrae:  Hennie Kotzé 082 459 7574.

·          Smartcom

Smartcom, Agri SA, se voorkeur sellulêre diensverskaffer aan die landbou, bied alle boere, landboubesighede en insetverskaffers n 10% korting op hulle maandelikse subskripsie- en lugtydkoste.  Verder word n bydrae maandeliks aan Agri SA bewillig waarvan n gedeelte vir landelike veiligheid deur die Agri Securitas Trustfonds aangewend word.  Navrae:  Madeleine Botha (011) 507 4600.

·      Crisis On Call

Crisis On Call bied bystand in enige krisis of noodsituasie aan sy lede deur net een nommer te skakel en maak ook `n bydrae tot die Agri Securitas Trustfonds. Navrae: Marius Vermaak 083 302 7576

Die volgende vennote maak n groot finansiële bydrae op verskeie terreine binne Agri SA.   Die vennote het reeds met hulle finansiële bydrae hulle erns met die boer en die landbou bevestig.

·    Absa AgriBesigheid

Absa is die kommersiële bank met die grootste blootstelling in die landboubedryf. Absa het unieke finansieringsprodukte vir die landbou en is bereid om 'n pad saam met die landbouers en ander kliënte te stap. Omdat die landbou vir Absa belangrik is, borg Absa vir Agri SA om sy dienslewerings-kapasiteit in stand te hou. As u geld wil belê of 'n finansieringsbehoefte het, kontak gerus Absa AgriBesigheid by 011 - 350 6854 of u naaste Absa-tak.

·          Barloworld

Agri SA en Barloworld het n unieke werksverhouding gevestig waardeur beide organisasies gesamentlik voordeel sal trek indien lede n nuwe of gebruikte voertuig, van enige vervaardiger, deur enige van Barloworld se agentskappe landswyd sou aankoop.  Die vennoot maak n bydrae tot Agri SA se infrastruktuur werksaamhede.  Navrae:  Kevin Lombard (011) 286 1648.

·          T & E Finops

Die Agri Securitas Traumaskema beskik oor unieke kenmerke en bied uitstekende sterfte-, ongeskiktheid- en mediesekostevoordele.  Uit die besigheid word n bydrae tot Agri SA gemaak.  Navrae:  Esmé Theron (012) 440 6660.

·          Agri SA Groep Voorsorgfonds

 Agri SA het, in samewerking met Absa Konsultante en Aktuarisse, n unieke voorsorgfonds ontwikkel wat aftree-, sterfte- en begrafnisvoordele bied aan plaasarbeiders en ander werknemers in die landbou teen mededingende tariewe.  Navrae:   Sakkie Hurd by (012) 431-3333, of per e-pos by .

 ·          Johannesburg Water

 n Unieke ooreenkoms is met Johannesburg Water gevestig waardeur oortollige rioolslik gratis aan lede van Agri Gauteng op die plaas afgelewer word, wat as n kompos gebruik word om grond kwaliteit te verbeter. 

 ·                 Total SA

 Total SA maak 'n bydrae tot Agri SA uit die verkope van Total Agri smeermiddels aan die landbou. 

Navrae Gideon Meiring 011-778 2000

 Agri SA het groot waardering vir die vennote se betrokkenheid by die organisasie en die breë landbou.