Grondsake 
Die belangrikheid van grond as produksiefaktor in die landbou en die posisie wat dir binne politieke denke inneem, noodsaak:
- Deurlopende skakeling met die Departement van Grondsake oor die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike raamwerk vir die implementering van grondhervorming en die soeke na oplossings vir verbandhoudende probleme.
- Kommentaar en insette oor die ontwikkeling van verbandhoudende wetgewing (bv. Restitusiewet, Verblyfregwet, Huurarbeidwet).
- Ondersoek na die implikasies van die Verblyfregwet vir die indiensneming van werknemers in die landbou soos wat in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch gedoen is.
- Vertoë tot die regering wat ook gelei het tot die spoedige en suksesvolle verwydering van onwettige plakkers by Bredell (Gauteng).
- Ondersteunende optrede as bv. vriend van die hof (amicus curiae) in bepaalde regsaksies (bv die Modderklipsaak oor die staat se verantwoordelikheid met die onwettige besetting van kommersiële landbougrond).
