Boereontwikkeling 
Gegewe die missie van Agri SA is die bevordering van 'n mededingende omgewing vir dié sektor as geheel noodsaaklik. Daar is egter besef dat gefokusde aandag op Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) ook op nasionale vlak nodig is. Hiervoor word die volgende aksies onderneem:
- Die vestiging van 'n ontwikkelingslessenaar om grondverwante SEB saam te vat in 'n gekoördineerde nasionale databasis.
- Om nuwe geleenthede vir SEB in die landbou te identifiseer.
- Om die oordrag van grond binne die konteks van ordelike wetstoepassing en funksionerende markte te begelei.
- Om gepaste ondersteuningsmaatreëls in samehang met die owerheid en die privaat sektor te ontwikkel.
- Om die konsepte van mentorskap en gesamentlike projekte in die landbou-sektor te bevorder.
